SA polisiebeampte, medepligtige in hof oor 30 renosterhorings

‘n Suid-Afrikaanse polisiebeampte en sy medepligtige het vandag in die landdroshof in Palm Ridge, Ekurhuleni, verskyn weens die beweerde onwettige handel in renosterhorings. Die 53-jarige beampte en sy 39-jarige vroulike medepligtige het na bewering in Mei 2019 ‘n besending bestem vir Kuala Lumpur in Maleisië, by ‘n pakhuis in Pomona afgelaai en dit as wyn verklaar. Die Valke se ondersoekspan vir bedreigde spesies is ingelig en beamptes het 30 renosterhorings ontdek. Die twee verdagtes is gister in Brakpan en Bassonia in hegtenis geneem. Die moontlikheid van verdere inhegtenisnames is nie uitgesluit nie.