Plaaslike owerhede sukkel om finansiële verslae op te stel

Weens ‘n gebrek aan kapasiteit by plaaslike owerhede, is hulle is steeds afhanklik van konsultante om hul finansiële verslae op te stel. Kommer in hierdie verband is deur die ouditeur-generaal Junias Kandjeke uitgespreek oor finansiële verslae wat nie deur plaaslike owerhede en streeksrade ingehandig word nie. Kandjeke het gesê min vordering is oor die afgelope finansiële jare gemaak. Hy het voorgestel dat die lynministerie opleiding aan personeel van plaaslike owerhede verskaf om finansiële verslae op te stel.