SA polisie gaan Amabherethe in Soweto ontplooi

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het inwoners van Soweto beloof dat die polisie-reaksiespan genaamd Amabherethe in die gebied ontplooi sal word om die vlaag van misdaad hok te slaan. Cele het gemeenskapslede toegespreek tydens ‘n besoek aan die Nomzamo Informele Nedersetting ná ‘n aanval wat die naweek 15 lewens geëis het by die Mdlalose-taverne. Cele sê daar is 239 tavernes en 22 drankwinkels in Orlando. Hy voeg by die polisie soek na vyf verdagtes, nie twee nie, in verband met die massa-skietery by die taverne.