Eskom: Beurtkrag binne volgende 10 dae opgehef word

Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer, sê beurtkrag kan moontlik binne die volgende tien dae opgehef word. Oberholzer het op ‘n nuuskonferensie oor die huidige stand van die stelsel, herhaal dat die reserwevlakke op ‘n gesonde vlak is van meer as 80 persent diesel en vol damvlakke. Hy sê 12 eenhede sal na verwagting teen Donderdag weer in diens wees.