Oshana-goewerneur sê woude in Noorde moet beskerm word

Elia Irimari, die streekgoewerneur van Oshana, sê dit is hoog tyd om woude in die noordelike sentrale gebiede te beskerm, deur die afkap van bome wat tans buite beheer is, stop te sit. Die goewerneur het voorgestel dat die bosbou-span ‘n brief aan sy kantoor skryf en bystand versoek om die afkap van bome hok te slaan en om diegene wat verantwoordelik is te hanteer. Hy sê Noorde-streke word baie vinnig in woestyne verander en daar kan nie net gesit en toegekyk word hoe omgewings-terrorisme gepleeg word nie. Irimari het bygevoeg dat sy kantoor met ander streekgoewerneurs kan koördineer in ‘n operasie wat oortreders aan die kaak sal stel om hul toerusting te konfiskeer.