SA brandstofpryse styg om middernag

Die prys van petrol in die buurland sal van middernag af met 28 sent per liter styg. Die departement van minerale bronne en energie het aangekondig die prys van diesel met ‘n swael-inhoud van 0,05 persent styg met 9,16 sent per liter. Die prys van diesel wat 0,005 persent swael bevat, sal met 0,84 sent per liter daal. Die groothandelprys van lampolie styg met 58 sent per liter en die prys van LP-gas daal met 1 Suid-Afrikaanse rand 40 sent per kilogram.