SA-parlement sal vroeg 2022 voortgaan met virtuele sittings, belangrike sake om te bespreek

Die Suid-Afrikaanse parlement sê ‘n prioriteit vir volgende jaar is die deurvoering van drie wetsontwerpe, die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering, die Onteienings-wetsontwerp en die Wysigingswetsontwerp op Verkiesings. Die NGV-wetsontwerp wat deur die portefeuljekomitee oor Gesondheid oorweeg word, verskaf universele toegang tot gehalte gesondheidsorg vir alle Suid-Afrikaners soos in die Grondwet verskans. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die komitee gaan sy virtuele sittings oor die NGV volgende maand hervat om insette van verskeie belanghebbendes te oorweeg: