Wildmisdaad loop oop

Die Namibiese ministerie van die omgewing het tussen 13 en 19 Desember sewe nuwe wildlewe misdaadsake geregistreer met 15 verdagtes wat betrokke is. Vier is vas vir renosterstropery en twee vir olifantstropery. Daar is beslag gelê op drie olifanttande, stukke olifantbene, een itermagô en drie ietermagô-velle. Die ministerie sê verder een duikerkarkass, vier bergsebra- en vyf gemsbokkarkasse is ook gekonfiskeer. Vier vuurwapens met 66 rondes ammunisie, en een voertuig is ook geskud. Volgens onbevestigde berigte, is 31 renosters tot dusver vanjaar gestroop. Owerhede stel nog ondersoek in, in die meerderheid van die gevalle wat volgens berigte op privaatplase en in Etosha plaasgevind het.