Krieket: geen ondersteuners by SA v. Indië nie

Ondersteuners gaan nie in stadions tydens Indië se toer in Suid-Afrika toegelaat word nie. Dit is weens die huidige toename in Covid-19-gevalle en die vierde vlaag in die land. Krieket Suid-Afrika sê die besluit is geneem ten einde enige Covid-risiko te beperk wat moontlik die toer in die wiele kan ry en om ‘n gevaarvrye borrel-omgewing te behou. Die waarnemende uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, Pholetsi Moseki, sê dié besluit is nie ligtelik geneem nie, maar dit is in die beste belang van die spel.