SA oorweeg tydelike opheffing van brandstofheffings

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, sê die buuuland regering is in gesprek met die energiedepartement oor die inwerkingstelling van ‘n strategie om verbruikers te beskerm teen die stygende oliepryse vir April en Mei. Godongwana sê die ekonomie het kort- en langtermynmaatreëls nodig, omdat oliepryse die hoogte in geskiet het sedert Februarie, weens Rusland se oorlog teen Oekraïne. Suid-Afrikaners verwag in April ‘n brandstofprysverhoging van twee Suid-Afrikaanse rand per liter. Die buurland het talle heffings en belasting op brandstof terwyl dit plaaslik gesubsidieer word. Godongwana sê die opheffing van die brandstofheffing kan tydelike verligting bring.