Nuwe slenter, die keer oor fondse in die Oekraïne

Slenters is weer volop en bedrieërs begin nou ook die oorlog in die Oekraïne uitbuit. ‘n Epos word ontvang, blykbaar van Taras Alexander, wat hy volgens hom, vir die tweede keer stuur. Hy moet volgens die skrywe, 500 miljard Amerikaanse dollar van ‘n Russiese oliegarg Alexander Mikheev, sy kliënt, uit die land uit kry. Jy sal 30 persent van die bedrag ontvang as jy help. Hy gaan redelik gal af oor die inval in wat hy sê is sy vaderland. Die epos vra posbus besonderhede, jou loopbaan, ouderdom en telefoonnommers. Maar, as jy mooi kyk sal jy sien dat mnr. Alexander se eposadres is eintlik afkomstig van Deacon Charles Olatunji, ‘n baie algemene Nigeriese van, amper soos Smith en Jones in Brittanje.