Vermeende Russiese pedofiel blameer die kinders

Die saak van die vermeende Russiese pedofiel, Alexander Krylof, wat saam met die Namibiër Anna Engelbrecht op 42 klagte van mensehandel en verkragting aangekla word, duur vandag voort voor regter Claudia Claassen. Krylof het gepoog om die saak te laat uitgooi maar die regter het die aansoek van die hand gewys. Hy het getuig dat die meisies, almal minderjarig, het die kontak geïnisieer en dat hulle ook almal geweet het wat van hulle verwag word. Hy het aan die hof gesê hy het elk 100 Namibiese dollar na elke keer betaal, en dat hy dit duidelik gemaak het dat hy nie geld verniet weggee nie. Engelbrecht was volgens berigte in ‘n verhouding met Krylof en volgens die staat het sy die meisies vir hom gewerf. Die saak duur voort en albei is vry op ‘n waarskuwing.