MotoGP-wêreldkampioen ly weer aan dubbelvisie

Motorsport: Die sesmalige MotoGP-wêreldkampioen Marc Marquez ly weer aan dubbelvisie nadat hy sleg geval het tydens die opwarming vir verlede week se Indonesiese Grand Prix. Die Spanjaard het harsingskudding opgedoen ná ‘n dramatiese botsing Sondag in Mandalika. Sy Honda het gerol en in stukke gebreek voordat hy met sy volle gewig op sy linkerarm beland en sy valhelm die grond getref het. Marquez het ook aan die einde van verlede seisoen aan dubbelvisie gely.