SA-matrieks: Ware slaagsyfer kan laer wees

Die DA sê die 2021 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen se slaagsyfer weerspieel nie die werklikheid nie. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het gisteraand aangekondig die 2021-matriekklas het ‘n slaagsyfer van 76,4 persent behaal wat ‘n toename van 0,2 persent is teenoor verlede jaar. Baxolile Nodada van die DA sê die departement neem nie die getal leerders in ag wat tussen graad 1 en graad 12 uitval nie, en die ware slaagsyfer kan baie laer wees.