Rooibos-oeste loop oop in die Kaap

Die rooibos-oesseisoen in Clanwilliam in die Wes-Kaap is in volle swang. Meer as 20 000 ton rooibos word jaarliks verbou, waarvan die helfte na meer as sestig lande oor die wêreld heen uitgevoer word. Marthane Swart van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad sê rooibos beslaan sowat 87 persent van Suid-Afrika se internasionale teeuitvoere, met Japan, Duitsland, Nederland, Brittanje en die VSA van die grootste invoerders. Sy sê dié tyd van die jaar is Clanwilliam ‘n miernes van bedrywighede: