SA man verskyn op bedrogklag van R2,2 miljoen

‘n Suid-Afrikaanse man het in die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verskyn op aanklagte van bedrog van ongeveer 2,2 miljoen rand. Die 54-jarige Christiaan Frederick van Wyk het tussen 2012 en 2018 bedrieglike betalingstransaksies geskep toe hy as sekretaris en finansiële bestuurder by ‘n onderneming in Melrose, PEG Holdings, gewerk het. Die Valke se woordvoerder, Ndivhuwo Mulamu, sê verdere ondersoeke het aan die lig gebring Van Wyk het die geld deur middel van verskeie transaksies in sy bankrekeninge oorgeplaas.