DBV van Namibië ook gekant teen verskeping van skape

Reaksie is van die Dierebeskermingsvereniging van Namibië ontvang op die opskorting van die verskeping van duisende skape op die hoef vanaf Walvisbaai na die Midde-Ooste. Die aansoek sou diere vanaf Suid-Afrika ingevoer het wat onmoontlik is as gevolg van die land se bek- en klouseer status. Geen ander buurland voldoen aan Namibië se vereistes in die verband nie so die verskeping van die diere sal nie in die nabye toekoms kan plaasvind nie. Animal Welfare Association, bekend as Nawa, het vroeër ‘n petisie opgestel om die uitvoer te verhoed. Sylvia Breitenstein van die Dierebeskermingsvereniging , het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is gekant teen hierdie wrede praktyk.