SA lugvaartkenners: Likwidasie van Comair gaan tot prysstyging in vliegkaartjies

Die Suid-Afrikaanse lugvaart-kenner, Guy Leitch, sê die likwidasie van Comair sal drastiese stygings in die pryse van binnelandse vliegkaartjies meebring. Die lugredery se sakereddingspraktisyns het Donderdag ‘n hofaansoek ingedien om die likwidasie-proses te begin met die praktisyns wat sê die maatskappy kon nie die nodige finansiering insamel om met bedrywighede voort te gaan nie. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.