Namibiese studente in gebaretaal opgelei

Die Nasionale Dag vir Gestremdes word vandag herdenk. Opleiding in gebaretaal is nou uiteindelik ook in Namibië beskikbaar nadat 19 studente by Namcol ingeskryf om gebaretaal te leer. Bank Windhoek ondersteun hierdie studente om ‘n diploma in gebaretaal te doen. Voorheen moes Namibiese studente hierdie kwalifikasie in Suid-Afrika volg, waar gebaretaal onlangs as ‘n amptelike landstaal erken is.