SA kyk ook eers na veiligheid van J&J entstof

Suid-Afrika oorweeg volgens berigte om tydelik op te hou met die toediening van Johnson & Johnson se Covid-19 entstof terwyl die veiligheid daarvan ondersoek word. Voorvalle waar bloedklonte gevorm het, is in Amerika en Europa aangemeld en kan moontlik met die entstof verbind word. Die President van die Suid-Afrikaanse Mediese Raad, Glenda Gray, het aan media gesê Suid-Afrika se mediese reguleerder, die Minister van Gesondheid Zweli Mkhize en navorsers besluit tans of inentings met hierdie entstof gestaak moet word. Intussen het Dr Peter Hotez, ‘n Amerikaanse mediese wetenskaplike en kenner in globale gesondheids kwessies gesê individuele lande sal moet besluit oor die gebruik van die entstof.