Landbou sal nog krag betaal, Berseba weet nog nie

Berigte lui dat die Namibiese Ministerie van Landbou reeds stappe geneem het om sy uitstaande rekening by NamPower te betaal. Die maatskappy het vroeër kennis gegee dat beurtkrag in fases vanaf Maandag toegepas sal word as uitstaande skuld nie voor 31 Maart betaal is nie. Volgens die ministerie se Woordvoerder, Chrispin Matongela, word betaling op die oomblik geprosesseer en sal binnekort afgehandel word. Daar was kragonderbrekings by van sy streekskantore. Intussen het die Berseba Dorpsraad se Hoof Uitvoerende Beampte Charles Vries, aan nuusagentskappe bevestig dat die dorp se krag ook afgesny is tussen 11-uur en 3-uur maar, dat ‘n beslissing oor die betaling van uitstaande skuld nog gemaak moet word.