SA het kommer oor konflik in Oos-Europa

Suid-Afrika se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Mathu Joyini, sê die land is steeds bekommerd oor die toenemende konflik in Oekraïne. Luidens berigte het Russiese soldate te midde van dié land se voortslepende inval, Charkif, die Oekraïense stad met die naasdigste bevolking, bereik. Joyini het by die noodsitting van die VN se Algemene Vergadering gesê vrede word bewerkstellig deur diplomasie en gesprek binne die raamwerk van instellings vir internasionale dialoog: