SA: grafspasie raak op

Berigte uit die buurland toon dat groot Suid-Afrikaanse stede uitdagings het met voldoende spasie in begraafplase. Dit is reeds sedert 2019 ‘n probleem en Suid-Afrikaanse media het reeds verskeie male daaroor berig. Inwoners van die buurland word aangespoor om eerder geliefdes te veras en daar is ook sprake van grafte wat weer beskikbaar gestel word. Die bepalings hiervan is nog nie bekend nie maar in Duitsland, byvoorbeeld, mag ‘n familie ‘n graf huur vir tussen 15 en 30 jaar. Sou die familie nie verder die graf betaal nie word die oorskot verwyder en die graf is weer in staatsbesit. In Londen word grafte ook weer gebruik. Plaaslik is dit nie op die stadium ‘n uitdaging nie, al was daar tekorte aan spasie tydens die derde vlaag van die pandemie.