Dit was doenbaar, sê WGO, maar…

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê 92 van die 194 lidlande het nie hulle teiken van 40 persent Covid-19-inentingsdekking aan die einde van die jaar gehaal nie. Dit is weens ‘n kombinasie van te min entstowwe wat aan lae-inkomste-lande gestuur is asook entstowwe wat te na aan hulle vervaldatum daar aangekom het en sonder noodsaaklike komponente soos spuitnaalde. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê in die geval van sowat 20 lande het verskaffingskettings- en verspreidingsprobleme ook inentingsveldtogte geraak: