SA gesondheidsminister prys genomiese nasporing van Covid-19

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê daar is baie min lande ter wêreld waar die genomiese nasporing van Covid-19 so op datum is soos hier in Suid-Afrika. Hy het vanoggend die land se wetenskaplikes geprys vir hul vroeë opsporing van die nuwe, C.1.2-variant. Hy sê hoewel die variant in al nege provinsies opgemerk is, is dit nog nie van groot kommer nie.