SA filantroop sê sy kanker- en Covid-inisiatief sal entstofproduksie versterk

Die Suid-Afrikaans-gebore filantroop en wetenskaplike, Patrick Soon-Shiong, sê die kanker- en Covid-entstof-inisiatief sal Suid-Afrika se vermoë om sy eie entstowwe te vervaardig, aansienlik versterk. Hy het die inisiatief laat verlede week van stapel gestuur en sê die vennootskap sluit in samewerking met die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing, die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad en verskeie Suid-Afrikaanse universiteite. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.