Voëlgriep-besmetting vlam op ná onluste

Voëlgriep-besmetting het weer opgevlam nadat biosekerheids-maatreëls in KwaZulu-Natal tydens die onluste in Julie verbreek is, en dit hou vernietigende finansiële gevolge vir die bedryf in. Meer as 2,7 miljoen hoenders is tot dusver in Suid-Afrika doodgemaak weens die huidige hoogs aansteeklike voëlgriep-uitbreking. Die hoof van die Braaihoender-organisasie by die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, Izaak Breitenbach, sê dis moeilik om syfers te bepaal, maar dit het die bedryf drie jaar geneem om van die 2017-uitbreking te herstel waar twee-miljoen voëls van kant gemaak is.