SA en Duitse toeriste top-besoekers aan Namibië

Die Namibiese toerisme-ministerie sê volgens sy verslag van buitelandse toeriste-aankomste in die land, dat Suid-Afrika en Duitsland die twee top-lande is wat gesamentlik 60,8 persent van alle buitelandse toeriste is. Burgers van top-tien lande naas Suid-Afrika en Duitsland wat Namibië besoek, is van Frankryk, Brittanje, Angola, Switserland, Amerika, Nederland, Oostenryk en België. Die Namibiese toerisme-sektor is verheug dat die bedryf besig is om te herstel met die piek-seisoen wat nog voorlê, sê Namibiese toergids, Joseph Kafunda.