AGOA-aksieplan wil handel met Amerika bevorder

Die Namibiese handelsministerie het in samewerking met die USAID Trade Hub werkswinkels vir die Afrika Groeigeleenthede-wet, bekend as AGOA, georganiseer. Namibië het die AGOA Verbruikerstrategie en Aksieplan bekend gestel om Namibiese uitvoere na Amerika te bevorder. ‘n AGOA-komitee is aangestel wat bestaan uit lede van die private en openbare sektor om die plan te implementeer. Elijah Mukobonda, woordvoerder van die handelsministerie gesels met Kosmos 94.1 Nuus.