NLU: Veevoermark onder druk

Volgens die Namibiese Landbou-unie is die veevoermark onder druk as gevolg van die hoë pryse van grondstowwe soos geel mielies en sojabone wat ook toegeneem het, en dus speenkalfpryse negatief beïnvloed het. Die beperkte voorraad en hoë vraag na speenkalwers het egter die speenkalfprys van die eerste kwartaal in 2022 effens bo dié van dié van 2021 gelaat, met die speenkalfprys wat met ’n marginale 1,5 persent op ‘n jaargrondslag gestyg het. Die speenkalfprys as persentasie van slagprys het in die eerste kwartaal van 2022 op 68,2 persent gestaan, wat ietwat onder die 2020-syfer van 70,8 persent is, maar tog bo die langtermyn-gemiddeld van 65 persent. Landboukundige, Wallie Roux, is aan die woord.