SA beplan water-infrastruktuurfonds van R27 miljard
Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika sê hy beplan om ‘n water-infrastruktuurfonds van byna 27 miljard Suid-Afrikaanse rand vir die buurland te skep en is op soek na befondsing van die Suid-Koreaans-gebaseerde Groen Klimaatfonds. Volgens die jongste Wêreldbank-verslag is die land vyfde op die lys van water-skaars lande in Afrika suid van die Sahara. Die bank het aansoek gedoen vir 4,3 miljard rand. Die bank sê die land se watersektor benodig progressiewe en vernuwende benaderings om aanpassing by die uitwerking van klimaatsverandering moontlik te maak en ‘n veerkragtige en waterveilige toekoms te verseker.