Ryp verwoes koffie-oes… pryse styg

Liefhebbers van koffie sal binnekort baie meer vir hulle koppie sawwelyf moet betaal. Dit volg na droogtetoestande in Brasilië gevolg deur erge ryp wat landerye verwoes het. Daar word berig dat selfs die jongste plante, wat toekomstige oeste moet oplewer, doodgeryp het. In Colombia, die wêreld se derde grootste koffieprodusent, word politieke onrus blameer vir stygende vervoerkoste. Die nuus het die prys van koffie per pond opgestoot na 2 Amerikaanse dollar, die hoogste vlak sedert 2014. Die prys van koffie het sedert Januarie reeds met 60 persent gestyg. Vraag na koffie neem op die oomblik toe met ekonomieë wat oopmaak.