Man probeer ietermagô-vel aan polisie verkoop

Die Namibiese polisie het ‘n geheime operasie by Nkurenkuru uitgevoer en ‘n 30-jarige man is gearresteer vir die besit van ietermagô skubbe en ‘n vel. Die verdagte het volgens berigte dit aan die geheime polisie te koop aangebied en is so vasgetrek. Hy sal na verwagting vandag in die Rundu-landdroshof verskyn.