Russiese ma’s probeer keer dat hul seun in oorlog veg

Russiese ma’s help glo om hul seuns weg te hou van gevegte in Oekraïne. ‘n Organisasie bekend as The Soldiers’ Mothers Committee, sê hul werk is om soldate se regte te beskerm en gesinne wat gekant is teen die oorlog by te staan. Die woordvoerder, Valentina Melnikova, sê van die soldate het hul raad gevra oor hoe om te verhoed dat hulle na die oorlogsone terugkeer, terwyl ander van die begin af nie bereid was om te veg nie. ‘n Akademikus, Jenny Mathers, sê groter onwilligheid onder Russiese mans kan ‘n beduidende uitwerking op die oorlog hê.