Uitleweringsversoek vir Gupta-broers word opgestel

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, sê die Nasionale Vervolgingsgesag is tans besig om ‘n uitleweringsversoek op te stel vir Atul en Rajesh Gupta. Die broers is net meer as ‘n week gelede by hulle luukse huis in Dubai in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en geldwassery. Dit hou verband met die Nulane Investment-skelmstreek van 24,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand in die Vrystaat. Lamola sê sodra die uitleweringsversoek voltooi is, sal dit aan owerhede in die Verenigde Arabiese Emirate gestuur word: