Rusland sal nie met Navo sukkel nie

Die Britse generaal, Patrick Sanders, sê die ontplooiing van Navo-troepe teen die grens met Rusland toon ‘n verandering in die organisasie se aanslag. Navo se sekretaris-generaal Jens Stoltenberg het die hoeveelheid Navo-troepe van 40 000 na 300 000 verhoog. Sanders sê Navo sal eerder keer as reageer.