12 dood in chloorgas-ontploffing in Jordanië

Minstens 12 mense is dood en 251 is beseer in ‘n chloorgaslek uit ‘n opgaartenk by Jordanië se Akaba-hawe. ‘n Tenk, gevul met 25 ton chloorgas wat na Djiboeti uitgevoer moes word, het geval terwyl dit gelaai is. ’n Video wys hoe die opgaartenk val, gevolg ‘n ontploffing van geel gas wat in die lug opstyg terwyl mense weghardloop. Chloor is ‘n wyd gebruikte ontsmettings- en watersuiweringsmiddel, maar as dit ingeasem word, verander die gas in soutsuur, wat kan lei tot interne verbranding en verdrinking deur ‘n reaksionêre vrystelling van water in die longe.