N$14m is bestee aan sprinkane

Die Namibiese landbouministerie sê hy het 14 miljoen Namibiese dollar bestee om die vierde uitbreking van die bruin sprinkaan-plaag in die Karas-streek te bekamp. Die ministerie sê ‘n gebied van 2,2 miljoen hektaar is besmet, maar slegs 1,2 miljoen hektaar is deur beide regeringsamptenare en boere in die streek gespuit. Intussen is miljoene hektaar weiveld beskadig. Die ministerie sal voort gaan met die skep van bewustheid oor die identifikasie en ekologie van die sprinkane en ander gewasplae van ekonomiese belang vir boere. ‘n Kenner in Suid-Afrika, dr. Gerhard Verdoorn het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die nat, koue toestande van die eiers wat wag op volgende jaar se reën verwoes het.