Proses aan die gang om nuwe SA polisiekommissaris aan te stel

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die proses om ‘n nuwe nasionale polisiekommissaris aan te stel, is in die pyplyn. Ramaphosa se aankondiging volg nadat verskeie politieke partye voorgestel het hy moet ‘n onafhanklike paneel aanstel om hom te adviseer oor die beste kandidate vir die pos. Ramaphosa het met die media gepraat ná sy besoek aan die ANC-takke in Mpumalanga. Hy sê die proses om die regte persoon vir die posisie te kies, is aan die gang.