Rugby-vroue berei voor vir die naweek

Die afrigter van die Springbok-vrouespan se voorry, Eddie Myers, sê die span se afrigters soek na die regte kombinasies en spelers om die land met onderskeiding by volgende jaar se Wêreldbeker in Nieu-Seeland te verteenwoordig. Die span berei nou voor om die naweek Engeland se Onder-20-span die stryd aan te sê. Myers sê geen speler is verseker van ‘n plek in die Wêreldbeker-span nie, en dit word met elke sessie so aan hulle oorgedra: