Natuurgebaseerde lewensbetaan-projek duur in Opuwo voort

Die NILALEG-projek, of te wel Namibia Integrated Landscape Approach for Enhancing Livelihoods and Environmental Governance to Eradicate Poverty, duur voort. Tesame met die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, EIF, sal projekte Vrydag aan tien begunstigdes op tien verskillende plekke in die Opuwo-distrik oorhandig word. Lot Ndamanomhata, korporatiewe bestuurder van die fonds, sê die omgewingsminister, Pohamba Shifeta, sal ook teenwoordig wees.