Rugby: Haaie teen Stormers in VRK

Rugby: Die Haaie en die Stormers is vanmiddag in ‘n Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting in Durban in aksie – ‘n wedstryd wat van die openingsronde van die kompetisie uitgestel is. Albei spanne gaan probeer om hul plekke in die top-agt op die punteleer te verseker met die oog op ‘n plek in die kwarteindronde. Die Stormers is in die tweede plek ná 12 wedstryde en is 16 punte agter die voorlopers Leinster. Die Haaie het die verlede naweek met ‘n oorwinning teen Edinburgh in Skotland hul plek in die top-agt oopgespeel.