Rugby: Ervare Junior Bokke teen Georgië

Rugby: Die kaptein van die Junior Springbokke, Paul de Villiers, is onder ʼn groep van sewe spelers wat die Suid-Afrikaanse Onder-20-span vir ʼn tweede agtereenvolgende jaar sal verteenwoordig. Hy is ingesluit in die beginspan wat môre op Stellenbosch in die openingswedstryd van Wêreldrugby se Onder-20-kampioenskap teen Georgië speel. Hoof-afrigter Bafana Nhleko het ook vyf spelers sonder ervaring in die begin-agterlyn ingesluit en ses onder die voorspelers.