Rugby: Elton Jantjies sê hy sal sy onskuld bewys
Rugby: Die Springbok-losskakel Elton Jantjies sê hy sal sy onskuld bewys en sy kritici stilmaak nadat hy bekend gemaak en erken het dat hy positief getoets het vir ‘n verbode middel. Hy het glo Clenbuterol geneem, ‘n vetverbrander wat ook stamina aanhelp en soms in asmamedisyne voorkom. Hy ontken dat hy die middel doelbewus geneem het en het dit waarskynlik deur neussproei ingekry. Jantjies staar ‘n verbod in die gesig wat sy loopbaan kan beëindig. In ’n verklaring sê hy hy het ‘n regspan opdrag gegee om hom by te staan om die bron van die verbode middel te bepaal.