Rugby: Bokke speel nie in Groen en Goud teen Skotland, Ierland
Rugby: Die Springbokke gaan afwisselende kleure dra tydens hulle groepwedstryde teen Skotland en Ierland in die Wêreldbeker. Dit volg op die besluit van Wêreldrugby om meer inklusief ten opsigte van mense met kleurblindheid te wees. Die Bokke sal in hulle openings-wedstryd teen Skotland op 10 September die besige liggroen-truie dra en teen Ierland op 23 September in spierwit uitdraf. Suid-Afrika is Span B in hierdie kragmetings. Die Bokke sal teen Roemenië en Tonga in hulle tradisionele Groen en Goud speel want hulle is dan Span A.