Roots ontwikkel goed, diversifiseer en voeg waarde toe

Die Roots-ontwikkeling naby Stampriet ontwikkel en groei uiters goed. Daar is goeie diversifisering in boerdery-soorte en in talle gevalle word waarde reeds toegevoeg en die finale produk word verkoop. Die landbouplaas is gebaseer op ‘n unieke model wat intensiewe boerdery van vee en permanente gewasse kombineer met ‘n landboukollege vir onderwys in voedselsekerheid, ‘n aftreeoord, ‘n leefstyldorpie en verskeie sakegeleenthede. Salomon Kalondo, een van die vennote by die ontwikkeling, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die jongste.