Rooikruis berei voor om burgerlikes môre veilig uit Mariupol te lei

Die Rooikruis sê hy berei voor om burgerlikes môre veilig uit die beleërde Oekraïnse stad Mariupol te lei, mits alle partye ooreenkom. Die Internasionale Komitee van die Rooikruis sê die operasie is uiters nodig, omdat die lewens van tien-duisende mense in Mariupol daarvan afhang. Oekraïne se President, Wolodimir Zelensky, het Nederland intussen tydens sy jongste toespraak in ‘n nasionale parlement, aangemoedig om Russiese energie-uitvoere te boikot.