Geld ingesamel vir bou van Koning Mandume Museum

Die Koning Mandume Museum-trust het ‘n veldtog van stapel gestuur om geld in te samel vir die voltooiing van die museum wat tans onder konstruksie is by Omhedi in die Ohangwena-streek. Al die inwoners van gebiede onder die Oukwanyama Tradisionele Owerheid, asook alle Oshikwanyama-sprekende Namibiërs word gevra om een Namibiese dollar by te dra. Die veldtog is van stapel gestuur deur die beskermheer van die trust, die voormalige minister Erkki Nghimtina. Tot dusver is sowat 370 000 Namibiese dollar ingesamel, asook vier beeste. Bekende filmmaker Vickson Hangula vertel waarom dit belangrik is om die Oshikwanyama-geskiedenis te bewaar.