Namibië se BBP groei in vierde kwartaal van 2021 met 3,3% 

Namibië se Bruto Binnelandse Produk-resultate is vandag vrygestel, wat toon dat die ekonomie in die vierde kwartaal van 2021 met 3,3 persent gegroei het in reële terme vergeleke met vierde kwartaal in 2020. Op ‘n jaargrondslag het die ekonomie in 2021 in reële terme met 2,4 persent gegroei na ‘n inkrimping van 8,5 persent in 2020.