Risiko vir oordrag van aappokke is laag

Die minister van gesondheid in die buurland, Joe Phaahla, sê Suid-Afrikaners moet weer waaksaam wees nadat die eerste geval van aappokke in die land bevestig is. Hy sê die siekte word hoofsaaklik oorgedra deur nabye kontak met ‘n besmette persoon en beklemtoon dis nie ‘n siekte van die asemhalingstelsel nie. Phaahla sê ook die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes bied tans aanlyn opleiding vir gesondheidswerkers om hulle in staat te stel om die toestand te diagnoseer sodat die nodige laboratoriumtoetse gedoen kan word. Dr Jacqueline Weyer van die spesiale patogene-afdeling by die instituut is aan die woord:

Dr. Weyer verduidelik ook hoe hierdie virus oorgedra kan word.